RSS

Fliek: The King’s Speech

06 Apr

Ek het The King’s Speech met opset alleen gaan kyk, gewapen met ‘n hele paar snesies. Ons familie is nie huilers nie, maar met hakkelsake maak ek ‘n uitsondering. (Die toename in jare het ook nogal ‘n invloed op ‘n mens se traankliere, dink ek. Of dalk gee jy net minder om wat ander mense dink.) Dit was ‘n wyse stap; ek is koponderstebo en tamelik vinnig by daai fliek uit agterna …

Dit is voorwaar ‘n wonderlike fliek. Ek dink Colin Firth speel die rol van die hakkelende koning briljant. En die ander spelers is ook almal oortuigend. Maar ek kan nie regtig oordeel nie, want ek is eenvoudig te subjektief betrokke. Vir my is dit in die eerste plek ‘n briljante stuk publisiteit vir hakkelaars se dapper stryd en ek is bly om te hoor dat die McGuire-organisasie wêreldwyd die geleentheid aangegryp het.

Maar ek wil ‘n aanvegbare stelling maak: Vir my was dit nie so ‘n oortuigende fliek soos Black Swan nie. Ek is nie seker of dit vir my netso briljant sou gewees het as ek nie soveel gevoelens oor die verskynsel van hakkel gehad het nie. Natuurlik is dit twee verskillende tipe flieks en sekerlik nie direk vergelykbaar nie, maar ek is nie ingesuig soos deur Black Swan nie. Ek het nie heeltemal vergeet van die wêreld rondom my nie.

Maar ek het steeds na die fliek ‘n klein botteltjie sjampanje gaan koop en hier op my eentjie ‘n glasie gelig op my dapper hakkelkind. En ek wil beslis nog ‘n bietjie Google oor die koning. En oor die delightful terapeut, Lionel Logue.

Die terapeut: http://en.wikipedia.org/wiki/Lionel_Logue

Meer oor die fliek: http://www.imdb.com/title/tt1504320/

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 06/04/2011 in Fliek, Hakkel, Hou op hakkel

 

Sleutelwoordw:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: