Woordfees 2011: Vyf, nee ses, formidabele vroue

Die Boektent by die Woordfees is besig om ‘n mekka vir Afrikaanse skrywers te word. En dan veral ook vir nie-letterkundige skrywers. En hulle is mense wat maar dikwels aan die agterste speen drink, hoewel dit algemeen bekend is dat hulle verkope dikwels dié van die letterkundiges moet subsidieer. (Ja, ja, ek weet dis ‘n kontroversiële stelling – maar dis nie nou die punt nie! Ook nie die feit dat daar steeds deeglik neergesien word op ontspanningslektuur nie, ten spyte van al die wonderlike boeke wat deesdae in Afrikaans verskyn.)

Amanda Botha (iemand wat geweldig baie vir die Afrikaanse boek en veral vir leeskringe doen) het met vyf skrywers gesels wat die afgelope jaar of wat groot welslae behaal het. Hulle was Karin Brynard (Plaasmoord), Christine Barkhuizen Le Roux (Padmaker), Mariël le Roux (Die naamlose), Anzil Kulsen (Zita) en Irma Joubert (Pérsomi). Voor ‘n groot gehoor (vermoedelik baie leeskringe) het dié vroue elkeen na vore gekom as ‘n unieke mens met ‘n unieke stem. Karin die dinamiese en ervare verslaggewer. Christine sag en sjarmant met hande wat spontaan beduie. Mariël die plat op die aarde oud-verpleegkundige met ‘n lieflike humorsin. Anzil so mooi soos ‘n prentjie en met die wonderlikste Noord-Kaapse Afrikaans, gegeur met ‘n Nama-woord of twee. Irma sprankelend en entoesiasties oor die lekkerte van die ware stories waarop sy haar historiese romans bou.
Laat ek kyk wat ek onthou:
Karin: Ek haat skryf, ‘n mens moet te lank op jou g*t sit!
Christine: Ek het daardie reis self gedoen. Ek het met my linkerhand bestuur en met die regter geskryf terwyl ek ry, en saans probeer ontsyfer wat ek geskryf het.
Mariël: Emosionele mishandeling lê my na aan die hart, want dit laat nie sigbare letsels nie. ‘n Pa gaan nie tronk toe as hy sy kind die heeldag vertel hoe vet of dom of treurig sy is nie.
Anzil: Ek moes besluit of ek die moed het om my pa te gaan opsoek, soos Zeta in my boek gedoen het. Ek kon dit nie doen nie.
Irma: History = his (s)tory.
‘n Onvergeetlike gesprek! (Moet ook nie die heerlike eetgoed daarna vergeet nie …)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s