Dagboek van ‘n depressievegter: Vrywaring

Aan almal wat hierdie dagboek (gaan)  lees: Hierdie inskrywings  is bloot ‘n poging om my eie pynlike pad te dokumenteer, met die uitsluitlike doel om moontlik iemand anders daardeur te help om groter insig/aanvaarding/kennis oor die saak te kry. Dis NIE die alfa en omega vir die hantering van depressie nie. Ek beweer NIE dat iemand wat dieselfde dinge as ek doen, noodwendig heeltemal gesond sal raak nie. (Ek is nog te bang om eens te beweer ekself kan miskien heeltemal gesond wees!). Ek glo geen twee mense se paadjie sal ooit heeltemal dieselfde wees nie. Hierdie skryfsels is doodeenvoudig ‘n poging om DALK vir iemand anders die pad ‘n bietjie ligter te maak – en natuurlik ook om self meer insig in my eie proses te verkry.
Ek gee nie voor ek het al die antwoorde nie – heel moontlik sal ek hulle nooit almal hê nie. Maar ‘n mens kan minstens die soektog probeer geniet en mekaar probeer help op die pad!

Een gedagte oor “Dagboek van ‘n depressievegter: Vrywaring

  1. Ek sien uit daarna. Net om te weet iemand wat dit self ondervind het, praat met jou, is al ‘n wonderlike ervaring.Sien uit daarna.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s