RSS

Romanse: Waar sy hoort

19 Feb

Waar sy hoort is my agste Romanza en is deel van die boek-familie wat al destyds met die geboorte van Klein klippie ver gooi ontstaan het. (In Man van min woorde, Man met ‘n missie en Man van sy woord, asook in Liedjie vir jou verskyn dieselfde karakters telkens weer.) Die Bezuidenhout-familie het my net nie weer toegelaat om van hulle te vergeet nie. In Waar sy hoort keer die oudste suster uit Australië terug, waar sy haar ontroue man agterlaat nadat sy die keuse gemaak het om haar nie langer te laat misbruik en minag nie. Sy is ‘n sterk vrou wat verantwoordelikheid vir haar en haar kind se geluk neem, maar sy is ook vol vrese en onsekerheid oor die besluit wat sy geneem het.
Sonder dat ek bewustelik so ‘n besluit geneem het, het dit die tema van al my skryfwerk geword – die uitbeelding van ‘n doodgewone vrou wat op ‘n dag verantwoordelikheid vir haar eie geluk neem, besluite neem en dan daarmee saamleef. Sy het nie ‘n man nodig om haar gelukkig te maak nie, maar wanneer sy as mens tot haar reg kom, word sy ook gereed om ‘n maat te vind en op haar beurt vir hom ‘n goeie maat te wees.
Omdat my eie oudste deesdae oorsee woon, bly die tema van emigrasie maar deesdae in my kop. Ek is maar alte bewus van die voordele van verblyf in veral die wonderlike eerstewêreldlande, maar my optimistiese hart bly maar hoop dat vele van ons kinders uiteindelik weer sal terugkeer en hier ‘n verskil kom maak. Ek het dus tot dusver nog elke denkbeeldige Suid-Afrikaner wat ek oorsee stuur, meedoënloos laat terugverlang!
Daar is natuurlik ook voordele, soos die geleentheid om te gaan kuier en wêrelddele te sien wat jy nooit andersins sou besoek nie. En natuurlik gee dit skrywers die kans om ‘n nuwe dimensie in hul stories in te bring. Dis vir my deel van die plesier van romanses skryf dat ek kon ondervind die liefde bly maar net dieselfde, of dit nou hier of in Australië of elders gebore word. Die mens se behoefte aan ‘n maat bly dieselfde, ongeag die agtergrond en omstandighede. En daarom bly liefdesverhale relevant.

Lees die eerste hoofstuk by https://altacloete.wordpress.com/skryfwerk/romanses/waar-sy-hoort/

 

Etikette: , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: