Ja, ek weet dis amper verby! Ek wil net gou vir julle sê hoekom ek nie van die dag hou nie. Ja, natuurlik is dit alles ‘n geldmaakstorie. Soos Paasfees en Kersfees en Moedersdag en Vadersdag … Maar ek hou nie daarvan nie omdat dit ongelukkige mense nog ongelukkiger maak. Op die ander 364 dae is ‘n persoon dalk doodgewoon alleen en ongelukkig. Bring nou ‘n dag in waarop almal rooi hartjies en chocholates kry – en siedaar, dieselfde persoon is miserabel en diep eensaam. Iemand sonder familie is vir 364 dae dalk heeltemal tevrede met sy lewe, maar kom Kersfees en skielik besef hy daar is eintlik iets verskrikliks
verkeerd in sy lewe. Iemand gaan nooit met vakansie nie en dink nie daaraan as ‘n probleem nie – maar Paasnaweek gaan almal weg. ‘n Kind word sonder pa groot en dink nie eens daaraan nie, want daar is ‘n toegewyde ma in sy lewe. Maar dan maak almal skielik vir hulle pa’s kaartjies ….
Nee, ek is nie miserabel of eensaam of ontevrede nie. Ek is net moeg daarvoor dat ons lewens so gedikteer word deur daardie mistieke verskynsel almal. Almal maak sus, almal maak so …
Kom ons maak ‘n slag wat ons wil. Boggher Valentynsdag – bring vir hom ‘n roos op 13 Mei, as jy so voel. Boggher (hoe spel ‘n mens boggher??) selfs Kersfees – nooi die hele familie vir ‘n feesmaal op 23 Oktober, as jy so voel. Stuur nou dadelik vir jou ma ‘n e-pos en ‘n present op ‘n dag wat nie haar verjaardag is nie – moenie wag tot Moedersdag nie. Steek net more vir jou kinders ‘n klomp chocolates in die tuin weg …
Sela.
Me laaiks. Me laaiks. Daai Moedersdag-ding is die heel grootste euwel van almal. As ek nie elke dag ma/geliefde kan wees nie, bly dit. Ek verwag nou darem ook nie elke dag rooi rose en tjoklits nie, maggies! Maar so af en toe, wanneer ek dit op die minste verwag, word dit baie meer gewaardeer as wanneer die media/almanak/kasregisters die aansporing was (en kry die gewer volgende viesmaakslag bietjie ekstra genade). En beslis nie wanneer hy/sy ‘n skuldige gewete het nie … Ek en Don het altyd gesê ons is nie mekaar se pa/ma nie …
Dis waar wat julle se en ek stem saam, maar sommige mense het ‘n Valentysdag, moedersdag ens om hulle te herinner om iets gaafs vir diee mense om hulle te doen. Daarom is daar ook sulke goed soos aardedag, vigsdag ens. En ‘n vakansiedag soos gesinsdag of werkersdag is darem lekkkkerrr!
Alta. Na n leeftyd se Valentyndroogte waardeer ek elke veldblommetjie, elke soentjie en elke Nag my Veldblommetjie(al weet ek hy bedoel eintlik Nag my vetplantjie…
Jip, ek verstaan. En ag, daar moet vetplantjies ook wees … 🙂 Hulle is taai en het ‘n skoonheid van hul eie.