Vraag: Waarom sit vroue op hul mans se koppe?

Antwoord: Omdat die mans dit toelaat.

Vraag: Waarom laat mans dit toe?

Antwoord: Omdat hulle moeg gebattle is by die werk en by die huis net ‘n bietjie vrede wil hê.

Vraag: Hou vroue daarvan om hul mans te regeer?

Antwoord: Nee.

En natuurlik weet ek dis ‘n growwe veralgemening! 🙂

4 gedagtes oor “Vraag: Waarom sit vroue op hul mans se koppe?

  1. Ek ken eerlikwaar nie vrouens wat op hulle mans se koppe sit nie. Is dit nie ‘n bietjie soos die nare skoonma grappe nie? Ek ken ook geen nare skoonma’s nie. Persoonlik het ek geen begeerte om op my man se kop te sit nie. Hy sal dit ook nie toelaat nie!

  2. ek glo die rede hoekom so baie vroue vandag so ongelukkig is met hulle mans en kla dat die mans niks meer (hulle pligte as man) wil doen nie is oor vroue in die vandag se lewe gans en al te sterk geraak het… alles wat jy kan doen kan ek beter doen… dis die houding. ons wil in n mans wereld lewe… nee eintlik regeer en dan wil ons kla as ons hulle van hulle manlikheid ontneem… mans hoef nie meer soos mans op te tree nie want daar is n vrou wat dit kan beter doen… ek stem saam met madelie, ek sit veel eerder op sy skoot. as vrouens op hou soos mans aan gaan sal die mans dalk ophou soos vroumense aan gaan. … ek se nie n man moet n vrou donineer nie, maar laat hom tog maar n bietjie die broek dra… al is dit net n kort broek elke dinsdag, donderdag en saterdae na twee…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s