Kortverhaal: Die fluitjieblaser

As jy hom verlede jaar misgeloop het, lees my Valentynstorie uit 2006 by https://altacloete.wordpress.com/skryfwerk/kortverhale/die-fluitjieblaser/

Ek onthou ons het die vorige Desember by Gouritsriviermond vakansie gehou (in die ou kroeg van die hotel wat in vakansie-eenhede omgeskakel is) toe ek van Niekie van der Berg se destydse Sê wie? die idee gekry het van die huwelik waarby iemand na die roetinevraag van die dominee gesê het, ja, hy het ‘n beswaar teen die huwelik. Dis ook nie die enigste storie-idee wat ek van Niekie gekry het nie.
Die konsep van iemand wat alarm maak om onreg aan die kaak te stel (whistle blowing) was ook daardie tyd in die nuus. Dit het ‘n Valentynstorie geword omdat ek geweet het HG het behoefte aan verhale vir spesifieke geleenthede. Die held se naam is vir my ‘n mooi, sterk mansnaam en die naam van ‘n gunsteling leerder in my skoolhoudae. Sy van het hy gekry van gunstelingbure van lank gelede. En die feit dat hy bry? Natuurlik vir die drie bryende mansmense in my lewe.
Dis vir my die wonderlikste van die skrywery – hoe verskillende, uiteenlopende dinge in jou kop kan bymekaarkom. En dis die stukkie wat ek dink bloot genade is. Die res is plein harde werk.
Op ‘n bankie op ‘n hoogtetjie bokant die see het ek op ‘n dag in die son en die stilte gelê en die kern van die storie uitgewerk.
Die prentjie wat met die seetoneel in die storie in my kop was, was dan ook dié van Gourits se strand. Die storie het op die ou end vir my ‘n herinnering geraak aan lekker tye as gesin, met albei kuikens nog veilig in die nes.

Een gedagte oor “Kortverhaal: Die fluitjieblaser

  1. Gouritsriviermond Hotel – nou vat jy my VER terug. Ons het jaar in en jaar uit daar vakansie gehou en die hoteleienaar (oom Nic) baie goed geken. Tragiese uiteinde van hom, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.

    Those were the days ♪ ♪ ♪

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s