RSS

Soek jy man? Hier’s jou kans!

23 Jan

As lus is vir lag, kyk gerus by https://altacloete.wordpress.com/humor/soek-jy-man-hiers-jou-kans/
Die juweeltjie sirkuleer per e-pos – g’n mens weet mos waar die goed werklik vandaan kom en hoe lank hulle al die rondte doen nie. Ek het alle name en verwysings na plekke uitgehaal, want ek wil regtig niemand in die gesig vat nie. As ‘n mens onthou dat iemand wat swak Engels of swak Afrikaans besig, gewoonlik ‘n ander taal magtig is waarvan jy niks weet nie, lag jy nie meer so lekker vir al die taalfoutjies nie. Dit is bitter snaaks, maar het my ook laat wonder oor die mens agter die brief (ons veronderstel nou dis regtig outentiek) en oor elke mens se inherente behoefte aan ‘n maat. En weer laat besef hoe eenders ons eintlik maar is – dieselfde basiese behoeftes, waar jy ookal bly en watter taal jy ookal praat.
Laastens, as jy aan ‘n oormatige hoeveelheid preutsheid ly of nie op die oomblik vreeslik humorisities voel nie – los liewer! Die brief is baie soos Dowwe Dolla se shows – sy sê eintlik absoluut niks wat vreeslik is nie, maar dis ons eie dirty minds wat haar sêgoed so skreeusnaaks maak.

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 23/01/2011 in Humor, Random gedagtes

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: