Kyk gerus na hierdie video van Ted Williams, ‘n hawelose wat met ‘n kreatiewe plakkaat langs ‘n pad in Amerika gestaan het: http://www.youtube.com/watch?v=jaGLDKBE8Ho
Op ‘n dag het ‘n joernalis by hom stilgehou, die video geskiet, dit op YouTube geplaas – en dinge het begin gebeur. Hy het ‘n internetsensasie geword, op TV verskyn, aanbiedinge gekry en is blykbaar tans in ‘n organisasie se diens as sportaankondiger.
Wat vir my wonderlik is, is dat hy eerlik genoeg is om te sê dit was drank, dwelms en nog ander dinge (??) wat sy lewe verwoes het. Hy het verantwoordelikheid geneem, die goed gelos en is volgens die video nou reeds twee jaar skoon.
Ek hoop hy’s ‘n inspirasie vir ‘n paar van die miljoene wat blykbaar al na die video gekyk het!
(Bron: rsg)
‘n Gat is nooit diep genoeg dat jy nie weer daar kan uitkom nie.
Dankie tog vir YouTube!!! Wag, laa’k ‘n video loop maak
Onthou, dit moet ‘n KREATIEWE video wees … Die standaard sal nie deug nie. 🙂