RSS

Gunsteling vir 2010: Santa Gamka – Eben Venter

31 Dec

Ek het hierdie boek bloot uitgeneem omdat hy toevallig oop en bloot op die biblioteektrollie gelê het toe ek daar verbykom. Toevallig? Eerder beskikking!

Ek kon nog nooit vat kry aan Eben se werk nie. LW. Ek sê nie sy boeke is swak nie – ek sê ek kon hul nog nie baasraak nie. Ek het nog altyd gedink hy is ‘n ongelooflike skrywer. En nou wéét ek dit.

Lucky Marais is losweg die mees unieke karakter wie se storie ek vanjaar gelees het. En ook dié een wat die diepste in my hart gekruip het. Nee, hy is nie soos enigiemand wat ek al ontmoet het nie. Ja, hy staan baie ver van my beskermde wit middelklaslewetjie af. Maar Eben Venter maak hom absoluut lewend deur sy taal en deur wat hy doen én nie doen nie. ‘n Mens leer vir Lucky verstaan, jy ontwikkel empatie met hom, jy voel vir hom.

Ek dink dis een van ‘n skrywer se heel grootste uitdagings: Om binne-in ‘n karakter wat ligjare van jouself verwyder is, te klim en hom ‘n eie stem te gee. En dis wat Venter hier reggekry het.

Ek gaan hiermee volstaan. (Vir ‘n indringende resensie, kyk gerus by die skakel hieronder. Vir ‘n lekker onderhoud waarin Venter heelwat verklaar oor die boek, kyk by die ander skakel.) As jy kru taal (absoluut funksioneel in die boek volgens my mening)  kan hanteer en jou nie doodskrik vir enigiets seksueel (altyd in baie goeie smaak aangebied in die  boek volgens my mening) nie, sal jy Lucky se storie geniet. En o ja, dit gaan ook effens sukkel as die leser ‘n geswore rassis is …

Lees gerus hierdie resensie op Litnet ook – kennelik deur ‘n kenner geskryf: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=78372&cat_id=558

En hierdie onderhoud: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=85113&cat_id=178

 
2 Kommentaar

Posted by op 31/12/2010 in Uncategorized

 

2 responses to “Gunsteling vir 2010: Santa Gamka – Eben Venter

  1. Una

    01/01/2011 at 19:50

    Jy maak my lus om hierdie boek te lees; ek gaan definitief nie dat hy weer sommer op ‘n trollie beland voor ek hom gegryp het nie!

     
    • Marile Cloete

      01/01/2011 at 20:12

      Sal graag jou mening wil hoor! Ek dink baie mense sal dalk nie daarvan hou nie, omdat die hoofkarakter … wel, kom ons sê maar baie ongewoon … is. Maar vir my het hy oortuig.

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: