Aan al my getroue lesers (en enigiemand wat dalk terloops hier inval): Mag die Kersmaal perfek uitkom. Mag jy genade kry om die familie al hul swakpuntjies te vergewe. Mag al die mansmense in jou gesin oorval word deur ‘n vlaag van behulpsaamheid … Mag jy vandag en more vrede in oorvloed ervaar en nooit vergeet waaroor dit alles eintlik gaan nie.