Francois Bloemhof – Die onbekendes

Skielik op ‘n dag is alles anders. Waarskuwings dui daarop dat die wêreld nie meer ons woning is nie en mense begin dinge doen wat hulle nooit voorheen sou nie. Gewelddadige dinge … alles is onvoorspelbaar. Onbekend.

Francois is al in die pers Afrikaans se Stephen King genoem, so sy rillers moet seker goed wees. Maar ek moet dit liewer nie lees nie. Dis … wel, weird. Soos ‘n riller seker veronderstel is om te wees.
Die karakters is oënskynlik doodgewone Kapenaars wat in die joernalistieke en IT-wêreld werk, in die noordelike voorstede bly en ‘n kind grootmaak. Vir my (by wie dit altyd om verhoudings gaan) was die storie interessant tot ek agtergekom het waaroor al die rondslapery eintlik gaan. En dat die seuntjie se pa nie weet dat … Nee, ek gaan niks verder sê nie!
‘n Lekker storie, en dan skielik verander dinge van doodgewoon na surrealisties. Mense doen dinge wat hulle nie normaalweg doen nie, ook nie in stories nie. (En ons weet tog die werklikheid is dikwels vreemder as fiksie). Mense reageer nie soos mense behoort te reageer nie. Niks is wat dit eintlik is nie …
As jy van rillers hou – lees dit. Indien nie – bly weg!

 

3 gedagtes oor “Francois Bloemhof – Die onbekendes

  1. Die eerste boek van Francois Bloemhof wat ek gelees het, was “Die duiwel se tuin” Hy is my held in die afrikaanse literatuur. As jong tiener het ek sy skrywes verslind, en sal so aanhou doen.

    Oulike blog, eendag as groot is gaan ek ook probeer “publish”.

      1. Dankie, ek sal gaan loer daar. Lees gerus ook daar by my en laat my weet wat jy dink. Ek het twee blogs, een is Adam Appel se blog, en die ander is Carletonville se blog.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s