RSS

Marida Fitzpatrick – Iemand vir ‘n scoop?

31 Oct

Andi Niemand is op die punt om die groot 30 te slaan en sy het nog weinig bereik. Wat het van die plan geword om vir Sarie of Beeld te skryf? En waar is die held wat veronderstel is om aan haar sy te staan? Nee, sy werk nog steeds as vermaakverslaggewer vir die poniekoerant Pers, is so single as kan kom en kan nie eens van soetgoed wegbly ter wille van haar vriendin se troue nie – die troue waarop sy strooimeisie moet wees.
En dan is daar Jack Greeff …

Die artikels wat ek oor die boek kon kry, stem saam dat dit beslis chick-lit is en noem dit die eerste ware chick-lit boek in Afrikaans. In die artikel by http://www.sarie.com/lees/artikels/marida-fitzpatrick noem die skrywer ook dat die heldin in chick-lit se lewe en loopbaan belangriker vir die storie is as die liefdesverhaal. Dit is dan ook so in hierdie storie.
Die storie is lig en prettig, soos dit hoort, met volop humor. Die voorblad gee vir my dié gevoel goed weer. Dis duidelik dat die skrywer (self ‘n joernalis) die uitgewerswêreld baie goed ken. Enige moderne stadsvrou wat nader staan aan dertig en nog onverbonde is, sal met die storie kan identifiseer. En waarskynlik die meeste ander vroue ook. Getroud of ongetroud, ons ken almal die smarte van ingewikkelde verhoudinge by die werk en die nog ingewikkelder verhouding tussen ‘n vrou en haar skaal. En ons almal weet hoe belangrik vriendskappe vir oorlewing is.
Dis ‘n lekker boek om te lees as jy wil ontspan en vir ‘n tydjie die lewe nie te ernstig wil opneem nie. As jy diepte en deurleefde emosies soek, is dit egter nie die boek vir jou nie.

 
 

Etikette: , , , ,

4 responses to “Marida Fitzpatrick – Iemand vir ‘n scoop?

  1. Madelie Human

    31/10/2010 at 09:27

    Ek het nog nie hierdie boek gelees nie, maar ek wonder net of ‘n skrywer wat haar eie leefwêreld as agtergrond vir haar eerste roman kies, met dieselfde mate van gesag sal kan skryf as sy ‘n gans ander mileu sou kies?

     
    • anngert

      31/10/2010 at 11:36

      Ek het ook nog nie die boek gelees nie, maar dit is nou maar eenmaal so dat as mens vanuit jou eie beroep skryf, jy dit deegliker kan doen. As my karakter ‘n onderwyser is, hoef ek nie eers navorsing te doen nie, maar dis ‘n perd van ‘n heel ander kleur as dit by ander beroepe kom. Heel moontlik sal sy met goeie navorsing ‘n ander milieu gesaghebbend kan aanpak.

       
      • Marile Cloete

        31/10/2010 at 12:10

        En dan word dit ‘n probleem as ‘n mens se boeke meer word, want jy kan tog nie die hele tyd oor dieselfde beroep skryf nie …

         
  2. Son

    01/11/2010 at 10:12

    Ek het die boek net so week of wat terug gelees. Ek hou nie sommer van te ligte leesstof ni, maar ek het die boek bo verwagting baie geniet. En die hoofkarakter is regtig nogal cool🙂

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: