Kortverhale: Marina se kubereksperiment

Hierdie storie het in die Huisgenoot van 27 Augustus 2009 verskyn. Ek het dit geskryf na ‘n eksperiment met ‘n vals identiteit op facebook en omdat ek besef het hoe lekker en nuttig (en hoe gevaarlik) die program ook vir ouer mense kan wees.

“Máá, Facebook is nie vir oumense nie!

“En hoekom nogal nie?” vra Marina moedswillig.

Tania kyk haar moedeloos aan, asof dit die onnoselste vraag van alle tye is. “Dis net nie reg nie, Ma, dis al.”

Marina gooi nog ‘n stompie op die vuur. Die nat Kaapse koue dring deur murg en been. “Weet jy, my kind, dis nie soos ek jou grootgemaak het nie. Ek het jou nooit iets geweier sonder ‘n ordentlike, geldige rede nie.”

Tania is in ‘n hoek. Dit wys in die verergde fronsie tussen die twee blou oë; die neerplak van die koffiebeker op die vloer langs haar stoel, waar hulle albei weet sy gaan dit omskop sodra sy uit daardie stoel opstaan. “Dis nie dieselfde nie, Ma!”

Hierdie gesprek het grappenderwys begin, maar nou gaan dit skielik om veel meer as die moets en moenies vir die gebruik van die virtuele sosiale netwerk wat die wêreld op hol het. Hierdie gesprek gaan om die generasiegaping; dit gaan oor respek vir ouer mense; dit gaan oor openlikheid tussen ouer en kind.

Lees verder by https://altacloete.wordpress.com/skryfwerk/kortverhale/marina-se-kubereksperiment/

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s