Kortverhaal: Nag van hoop

Hierdie storie verskyn in die nuutste Huisgenoot (9 Sept. 2010 – met Bobby van Jaarsveld op).

Die proses hoe ‘n storie gebore word, is vir my altyd interessant. By my is dit meestal verskillene los drade uit die werklikheid wat by mekaar uitkom. Dit is dan natuurlik die skrywer se voorreg om hierdie los drade bymekaar te vleg soos hy wil. Hierdie  storie se beginpunt is op ‘n vreeslike warm somerdag verlede jaar toe ons op Riviersonderend  stilgehou het en die sleutelepisode regtig by die kafee plaasgevind het. Dit was ook regtig besig om te brand bokant Franschhoek, so erg dat ons nie daarlangs kon ry nie, maar Sir Lowry’s Pas langs moes gaan. Die konneksie met ‘n parapleeg het gekom toe ek maande later vir navorsing vir Geur van vergifnis (my tweede liefdesroman wat DV volgende jaar verskyn) met die ma gesels het van die jongman wat ‘n paar jaar gelede verlam is toe ‘n manskoshuis op Stellenbosch afgebrand het. Die konneksie terug na vuur het gekom toe ek agterkom die reddingsdiens moes hom basies voor die vuur weggryp  om sy lewe te red, al het sy rug seergekry. En so het die punte vir my bymekaar gekom.

2 gedagtes oor “Kortverhaal: Nag van hoop

  1. Ah, wow. Dankie vir die verduideliking. Ek is vriende met daai jongman, so dit gaan interessant wees om ooreenkomste met die karakter raak te sien. Sal ook graag Geur van vergifnis wil lees- laat ons asseblief weet wanneer hy beskikbaar is. 🙂

    1. Ek ken hom glad nie persoonlik nie, so daar sal nie ooglopende ooreenkomste wees nie. Maar dat elke parapleeg wat daarin slaag om weer sy lewe aanmekaar te sit, ‘n hele kamer vol medaljes (en ons almal se grootste respek en bewondering) verdien, is nie altemit nie. Ek het toe eers werklik agtergekom dat so ‘n persoon veel meer as net die gebruik van sy bene verloor. Die ongelooflike krag van ‘n ma se liefde het ook weer vir my duidelik geword. Ek het net diep onder die indruk gekom van die krag en deursettingsvermoe waartoe ‘n mens in staat is. Ek het ook met twee paraplee self gepraat, op verskillende stadiums van hul lewe en vir verskillende tydperke verlam. Dit het my laat besef ons wys dalk soms maklik ‘n vinger na iemand wat nie so maklik en seepglad aanpas nie, omdat ons nie werklik ‘n idee het wat dit verg nie. Nog iets wat my diep geraak het, is die ellende waarin arm papaplee veral op die platteland verkeer sonder hulpbronne en geriewe – iets waaraan ek nog nooit tevore gedink het nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s