Hieronder ‘n vinnige opsomming van die aspekte van ons breinfunksie wat volgens navorsing blykbaar nie veel deur die ouderdom benadeel word nie:
- Aandagspan – die vermoe om te fokus en jou aandag op iets toe te spits
- Taalvermoe – woordeskat en vermoe om taal sinvol te gebruik
- Geheue vir prosedures – die vermoe om goed te doen wat jy vroeer aangeleer het (bv. fietsry – dis nou as die ou liggaam dit nog kan doen!)
- Redenasievermoe – die vermoe om sinvol oor dinge te oordeel en argumente te voer
- Wilskrag – wat kan veroorsaak dat ‘n ouer mens netso effektief soos ‘n jonger een kan leer – goeie nuus vir almal wat met die tegnologie stoei!
- Kreatiwiteit – die begeerte om jouself met iets kreatiefs uit te leef, bly teenwoordig
- Wysheid – ons vermoë om dieper betekenis aan dinge te gee en insig te verkry
Vir my klink dit nogal na goeie nuus!
Bron: Achieving optimal memory deur Aaron P. Nelson
Ek stem!
Vir wat sit en wag vir die dood as jy die tyd sinvol en met vreugde kan omkry …
Klink vir my na die belangrikste goed wat nie benadeel word nie 🙂