Random gedagtes: O gaats, ek het vergeet …

Om ooglopende redes het ek onlangs ‘n boek oor geheue uitgeneem .. Achieving optimal memory deur Aaron P. Nelson van Harvard Mediese skool. Ek kan gelukkig rapporteer dat ek klaarblyklik nie oppad is om my breinfunksie te verloor nie, maar doodgewoon aan die oudword is!

Hy noem die volgende aspekte wat volgens navorsing wel deur ouderdom aangetas word:

  • Working memory – Your ability to hold and manipulate information in mind is reduced.
  • Processing speed – Ons word stadiger, wat veroorsaak dat ‘n mens bv. langer neem om op iemand se naam te kom.
  • Detail – ‘n Mens onthou minder detail van ‘n ervaring.
  • Declarative memory – wat ek nie so lekker verstaan nie … Maar dit het ook blykbaar te doen met die gesukkel om bv op ‘n naam te kom.
  • Source memory – Dit word moeiliker om te onthou waar en wanneer jy iets gehoor/ervaar het. Nou verstaan ek hoekom mense soms soveel tyd hieraan afstaan as hul ‘n storie aan die vertel is.
  • Multitasking – Dit word moeiliker om ‘n paar dinge tegelyk te doen.
  • Visuospatial processing – ‘n groot woord vir die vermoe om bv driedimensionele modelle te bou – iets wat ek nog nooit in my lewe kon doen nie!

Volgende keer gee ek ‘n lysie van die vermoens wat klaarblyklik feitlik onaangeraak bly deur die ouderdom – en glo my, dit lyk glad nie sleg nie, hoor. Daar is hoop …

(Ek lys so ‘n verskeidenheid tags hierbo omdat hulle – dinge soos oefening, oorgewig, dieet, slaap, depressie, bloeddruk, cholesterol, ens – almal volgens die slim dokter ‘n mens se geheue beinvloed)

5 gedagtes oor “Random gedagtes: O gaats, ek het vergeet …

  1. Ek het weer gelees dat hoe meer mens jou brein gebruik, hoe ‘fikser’ bly jou verstand, m.a.w. jou geheue bly goed en jou verstand bly skerp, al word jy ouer. Net laas week vertel ‘n prof by Unisa vir my dat hulle ‘n student van iets in die 80 het wat nou LLB klaargemaak het en ‘n omie van 93 wat vanjaar sy doktersgraad doen!

    1. Ja, baie van die goed wat hierdie ou se, kom ook daarop neer dat ‘n mens daai brein moet aanhou oefen!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s