Erskine, Marion – Oos

Die Verre-Ooste is die verste wat jy van SA kan wegkom – dit is wat Louis van Jaarsveld ook agterkom toe hy in Taiwan begin skoolhou. Dit is die vreemdste taal en kultuur denkbaar, en daarby is daar ook nog die meisies wat op ‘n baie eienaardige manier betelneute verkoop, die stinkende tofu, hurktoilette, tifone … Met 23 miljoen mense saamgehok op ‘n eilandjie is Louis so ver moontlik van sy gemaksones, maar ook van die spoke van sy verlede.
In die vreemde maak Louis besondere vriende, leer die waarde van lojaliteit ken, en vind uiteindelik die groot liefde van sy lewe. Maar hy besef ook dat van die vreemdste plekke in sy eie hart is, en dat hy nie vir ewig daarvan kan weghardloop nie. In die vreemde leer hy hoe om huis toe te kom.

Marion Erskine se debuut is ‘n aangrypende uitbeelding van ‘n Suid-Afrikaner se ervaring in Taiwan. Dit is ook ‘n uitbundige viering van die lewe en sy ingewikkeldhede, die liefde en veral vriendskap.

-0-

Ek het die boek bloot toevallig raakgevat op die trollie in die biblioteek en dit tamelik langtand aangepak. Dit lees dan aanvanklik ook nie lekker nie en die Oosterse letters en die blokkies wat sy e-posse aandui, het my aan die begin gepla. Die skryfstyl is vir my ook nie gemaklik nie, maar hou tog nou verband met hoe jongmense praat en het na ‘n rukkie nie meer so gepla nie. Op die ou end kon ek die boek nie neersit nie en moes in een sessie deurdruk einde toe. Daar is baie klein dingetjies om te kritiseer, maar eintlik is dit ‘n aangrypende storie wat vir ons almal lig kan werp op die internasionele bestaan wat baie SA jongmense ook vandag voer, van die keuses, die vreugdes en die vriendskappe wat daardie lewe meebring.  Die boek was dus vir my ‘n aangename verrassing en leer my weer eens om nie ‘n boek volgens sy voorblad te beoordeel nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s