Madiba: Les 4-6

4. Lei van agter af:
Om vanuit die agterhoede die rigting aan te dui, is in ‘n sekere sin vir Mandela slegs ‘n versluierde manier om van voor af te lei. Maar hy verstaan ook die beperkinge van enige persoon se leierskap, selfs sy eie. Toe hy uit die tronk gekom het, was hy ‘n soort Afrika-Rip van Winkel. Vriende en kollegas moes hom inlig oor alles onder die son: vroueregte, die moderne media, MIV en vigs, en dosyne ander onderwerpe. Dit was noodsaaklike remedierende onderrig, maar ook ‘n demonstrasie van die Afrika-idee van kollektiewe leierskap. Reeds sedert sy kinderdae het hy geweet dat kollektiewe leierskap oor twee beginsels gaan: die groter wysheid van die groep vergeleke met die van die individu, en die groter belegging van die groep in enige uitslag wat deur konsensus bereik word. Dit is ‘n wen-wen-situasie.
Om van agter af te lei, werk op soortgelyke wyse: jy bereik die verlangde resultaat op ‘n eensgesinde manier. Dis tot voordeel van ander en van jouself.
5. Laat jou voorkoms by jou rol pas:
Ons glo dit is reg om mense volgens hul persoonlikheid te oordeel, maar Nelson Mandela het besef dat jou voorkoms soms die beste manier is om jou persoonlikheid aan ander te toon. Mandela was nog altyd bedag op die voorkoms van dinge – van die kleur van sy hemp tot die manier waarop ‘n beleid vir sy ondersteuners kan voorkom tot sy liggaamshouding. Hy sal nooit iemand aanraai om ‘n persoon nie altyd op sy baadjie te takseer nie, want hy weet ons doen dit almal. Hoewel hy ‘n man van inbors is, glo hy dit is onsinnig om te beweer dat voorkoms nie ‘n rol speel nie. Voorkoms tel wel, en ons het net een geleentheid om ‘n eerste indruk te maak.
6. Leef volgens ‘n kernbeginsel – die res is taktiek:
Nelson Mandela is ‘n man met vaste beginsels – maar hoofsaaklik een: gelyke regte vir almal, ongeag ras, klas of geslag. Die res is feitlik alles taktiek.
Dit klink dalk na oordrywing, maar min mense is bewus van die feit dat Mandela ‘n deurwinterde pragmatis is wat gewillig was om kompromiee aan te gaan, te verander, aan te pas en sy strategie te verfyn, solank dit hom na die beloofde land sou lei. Byna alle middele het daardie edel doel geheilig. In die SA van die 1980’s en 1990’s het dit een ding beteken: die omverwerping van apartheid en die daarstelling van ‘n nierassige demokrasie met stemreg vir almal. Punt.
Mandela is al bestempel as ‘n profeet, ‘n heilige, ‘n held. Wat hy nie is nie, is ‘n naiewe realis. hy is ‘n idealistiese pragmatis, dalk selfs ‘n edelmoedige een, maar op die ou end gaan dit daaroor om dinge gedoen te kry.

 Direk aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s