Madiba: Les 1-3

1.Moed is nie om nie bang te wees nie:
Die meeste mense sou reken dat Nelson Mandela die verpersoonliking van moed is. Mandela self definieer moed egter op ‘n ongewone manier. Hy sien dit nie as ingebore of aangeleer op enige konvensionele manier nie, en ook nie as ‘n soort elikser wat ‘n mens kan drink nie. Hy sien dit as ‘n keuse. Niemand word dapper gebore nie, het hy gese; die geheim le in die manier waarop ons op verskillende situasies reageer.
… Maar moed, het Mandela beweer, is ‘n alledaagse verskynsel, en dit kan op groot en klein maniere getoon word.
2. Wees deurdag:
Op ‘n dag het ek langs Mandela op die agtersitplek van sy koeelvaste BMW gesit, toe ons besef sy bestuurder het verdwaal … Die bestuurder het vet gegee en met skeeuende bande om die draaie gejaag asof hy verlore tyd wou inhaal. Mandela het vorentoe geleun en gese: “Kom ons bly kalm, man.”
Kom ons bly kalm. Te midde van storms wat woed, bly Mandela kalm en soek hy na kalmte in ander. Hy straal trouens kalmte uit. Sodra jy beheer verloor oor jouself, glo hy, verloor jy beheer oor die situasie.
3. Lei van voor af:
Dwarsdeur sy lewe het Mandela risiko’s geneem om as leier op te tree. As hy ‘n soldaat was, sou hy die een gewees het wat uit die skuilgat spring en die stormloop oor die slagveld lei. Sy standpunt is dat leiers nie net moet lei nie, maar dat mense hulle moet sien lei – dit is deel van die posbeskrywing. Dis amper asof hy bang is dat iemand dalk sou se of dink hy was onwillig om risiko’s te neem. Selfs in sy persoonlike verhoudings glo hy daaraan om die leiding te neem. As iets jou hinder, as jy voel jy is onregverdig behandel, moet jy dit se, glo hy. Dit is ook leierskap.

Direk aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel

4 gedagtes oor “Madiba: Les 1-3

  1. Bly as jul dit geniet! Ek hoop om die volgende week (tot ons van ons kind af weggaan en die boek by hom los) elke dag ‘n paar te post. Dit was regtig vir my ‘n besondere boek, dalk omdat ek nog altyd te lui was om Long walk to freedom aan te durf. Die vertaling is ook myns insiens goed gedoen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s