Die oumense het gese jy kan ‘n perd tot by die water lei, maar jy kan hom nie maak drink nie. Nou ja, ek het die perd byna versuip, maar drink wou hy nie drink nie.
‘n Mens dink jy gee iemand die kans om sy lewe te verbeter, sy omstandighede te verbeter, sy kinders se omstandighede te verbeter. Jy sien foute oor, jy kry jammer, jy gee alles wat jy kan. Jy praat, jy preek, jy raas. Jy moedig aan, jy prys, jy preek nog ‘n keer. Sien nog ‘n paar foute oor …Maar later kom jy agter dit was alles tevergeefs.
Ek het gedink ek is alreeds oud en sinies. Nou kom ek agter die proses is steeds aan die gang.
Jy het nie uitgebrei op die storie nie, maar so tussen die lyne lees ek dat jy in dieselfde slaggat getrap het wat ek al vele kere in geswik het. Ek het geleer dat daar sommige perde is wat uit vrye wil dors lis Hoe meer water jy aandra, hoe dorser word hulle. 🙂