Hoekom is dit so moeilik om kritiek op jou doen en late met grasie te aanvaar? Veral as jy weet dis met die beste bedoelings gegee?
Het dit steeds te doen met daardie curse van die (Afrikaner)vroue van my generasie – die onkeerbare behoefte om ALTYD ALMAL rondom ons gelukkig te hou? Want kritiek beteken tog daar is iemand wat nie tevrede is met jou nie, of hoe?
Nou ja, as ‘n mens vyftig nie weer sal sien nie, weet jy al hierdie dinge. Maar dit lyk my nie dit help altyd om te WEET nie – om te doen is veel moeiliker!
Sal dan maar vir die volgende vyftig jaar moet aanhou oefen …
Sterkte sus. My en van ou ouer sussies se generasie doen dit al amper sewentig jaar lank … Maar julle aansienlik jonger generasie leer mos vinnig.
Kyk nou net hoe vinnig is hierdie ou familielid van jou besig om reg te kom.
They either love me or they loathe me, and take a good look at my face to see how much I care.
Daar is mense vir wie ek deur die dik duwwels sal loop, maar daar is ‘n paar wat ek verdra omdat my Calvinistiese opvoeding dit vereis …
En daar loop bloed tussen ons twee wat nie Cloete-bloed is nie!
Ja! As die “goeie bedoelings” nog van jou kinders ook af kom, slaan dit jou NOG harder!!!! Mens is darem maar simpel!