RSS

‘n Tapisserie met klein diere – Erika Murray-Theron

18 Jul

Met die tweede lees het hierdie wenner van ‘n jaar of wat gelede se Sanlam/Insig Romanprys meer tot my gespreek as die eerste keer. Ek vermoed dit het meer met myself (en die toenemende jare!) te doen as met die boek self.

Soos haar vorige boeke, is dit nie ‘n boek met groot dramatiese gebeure of stellings wat ten hemele skree nie. Maar dis eg en waar, dalk juis omdat dit in ‘n gestroopte, onderbeklemtoonde styl geskryf is. Die karakters is doodgewone mense, nie karikature nie, geloofwaardig en vol swakhede. Die verhaal gaan basies oor ‘n familiebyeenkoms en die dinge wat daar losgepraat word. Dinge wat in die verlede verswyg is, dinge wat in die donker bly le het en juis daarom soveel meer skade aangerig het.

Ek het die boek ervaar as ‘n dringende pleidooi dat mense (en veral familie) tog met mekaar moet PRAAT. En vir die broosheid en krag van bande van bloed.

Kliek op die skakel vir die flapteks van hierdie besondere boek:
https://altacloete.wordpress.com/stokperdjies/lees-lees-en-lees/oor-skrywers-en-boeke/erika-murray-theron-n-tapisserie-met-klein-diere/

 
Lewer kommentaar

Posted by op 18/07/2010 in Boeke, Lees, Ouderdom, Skrywers

 

Etikette: , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: