Shari Cohen* skryf soos volg in vandag (20 Junie 2010) se Rapport:
Terwyl ek die afgelope ses weke vanweë my werk in die provinsies beweeg het, het ek ’n vergadering met die raadslede van ’n landelike nie-regeringsorganisasie gehad. Hulle het vir my hul opleidingsprogram van ubuntu verduidelik. Nee, nie die Linux-program nie.
Ek praat van die tradisionele Afrika-filosofie van ubuntu, wat beteken: “Geen persoon is ’n eiland nie.”
Ek het ’n beter verduideliking op Wikipedia gevind:
Aartsbiskop Desmond Tutu het ubuntu in 2008 só verwoord: “Een van die sêgoed in ons land is ubuntu – die essensie van menswees. Ubuntu praat spesifiek van die feit dat jy nie kan bestaan as ’n mens in isolasie nie. Jy kan nie ’n mens al op jou eentjie wees nie, en wanneer jy oor hierdie deug – ubuntu – beskik, staan jy bekend vir jou vrygewigheid.”
Lees meer by https://altacloete.wordpress.com/inspirasie/trots-suid-afrikaans/ubuntu/
*Shari Cohen is ’n openbare gesondheidswerker wat vir die Huffington Post se webtuiste blog.