Uit ‘n epos wat die rondte doen:
Fanus Rautenbach sê: Ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:
(Maar met die skoonmoeder stem ek darem nie saam nie – myne was ‘n engel! Hoe skrywers heengaan, kon ek ook nog nie uitding nie … Dalk haal hul nie die sperdatum nie?)
Reisigers gaan heen.
Jagters gaan bokveld toe.
Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.
Die melkman en die posman kom om.
Kokke steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons.
Die tuinier is van die Gras af gemaak.
Die melkboer het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer sien sy gat.
Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
Die ouderling is ontslape.
Die koerantman is direk hemel toe – die een verstaan ek nie – dalk sarkasme???
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan.
Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die koster het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
Skoonmoeder – die duiwel het haar kom haal. |
Skrywers se penne / rekenaars word stil. 😉
Gelukkig vergaan onkruid nie.