RSS

Gister is ‘n ver land – Malene Breytenbach

12 Mei

“Dis vir ons die einde van die pad hier in  Zimbabwe, my dear. Ons het gister die uitsettingsbevel gekry, die Section 8-brief, wat se dat die plaas deur die regering oorgeneem word …”

Wanneer Maureen Sneddon Barnard die uitsettingsbevel in Zimbabwe kry, vertrek sy met haar waardevolste besitting, die bruin skooltassie met jare se dagboeke en koerantuitknipsels wat haar lewe in Afrika karteer: een van waagmoed, uithouvermoe en dapperheid, van drome, liefde en verlies. Sy het Afrika leer ken in al sy grootsheid en sy skadukant. En sy weet: ons verblyf in Afrika is net tydelik; die spore wat ons hier los, word in ‘n oogwink deur Afrika se winde weggewaai.

‘n Besondere boek deur ‘n oud-Romanzaskrywer. As Afrika in jou bloed is, lees gerus. As jy enige bande met Zimbabwe het of net eenvoudig soos ons almal diep bekommerd is oor wat daar aangaan, lees gerus. As jy aangegryp word deur die smart en dapperheid van families en die manier waarop dit uitkring na andere, lees gerus. As jy hou van karakters wat gewone mense met baie foute is, lees gerus. As jy nie kans sien vir die bosoorlog en ander nare (ongelukkig werklike!) dinge nie – moet liewer nie lees nie. Of: Maak soos ek en lees net die stukke wat spesifiek oor Maureen se lewe, liefdes en hartseer gaan!

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 12/05/2010 in Boeke, Lees

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: