‘n Anderste leeskring

Ek is lid van ‘n leeskring met ‘n verskil. Ons funksioneer heeltemal informeel en daar word geen formele vergaderings met ‘n voorlegging oor ‘n spesifieke boek gedoen nie.

Ons is vyf mense met redelik verskillende leessmake. Ons vergader eenkeer per maand, maar heeltemal informeel. Ons werk wel die einde van die jaar ‘n program vir die volgende jaar uit. Ons doen egter meestal nie  een spesifieke boek nie. Dit skakel probleme uit om almal tegelyk ‘n spesifieke boek te bekom. Soms neem ons ‘n skrywer (meestal Afrikaans), soms ‘n onderwerp, soms bring elkeen bloot ‘n boek wat sy geniet het. Sodoende word ons elkeen met elke kuier aan ‘n verskeidenheid boeke blootgestel. Natuurlik ruil ons dan ook baie boeke onder mekaar uit. Met Karel Schoeman het ek byvoorbeeld van sy ouer boeke gelees en van die ander die lywige nuwes en kon ons lekker vergelyk daartussen. Enigiemand wat lus is, bring gewoonlik ook meer inligting oor die skrywer saam, dikwels van Litnet af. Ons gesels bloot informeel en elkeen deel wat sy wil deel. Daar is dus geen spanning oor ‘n voorlegging nie, en elkeen is vry om soveel tyd aan voorbereiding te bestee soos sy kan. Kliek op die skakel vir ons program vir 2010:
https://altacloete.wordpress.com/stokperdjies/lees-lees-en-lees/n-anderste-leeskring/

3 gedagtes oor “‘n Anderste leeskring

Lewer kommentaar op anne-marie Kanselleer antwoord