RSS

‘n Anderste leeskring

03 May

Ek is lid van ‘n leeskring met ‘n verskil. Ons funksioneer heeltemal informeel en daar word geen formele vergaderings met ‘n voorlegging oor ‘n spesifieke boek gedoen nie.

Ons is vyf mense met redelik verskillende leessmake. Ons vergader eenkeer per maand, maar heeltemal informeel. Ons werk wel die einde van die jaar ‘n program vir die volgende jaar uit. Ons doen egter meestal nie  een spesifieke boek nie. Dit skakel probleme uit om almal tegelyk ‘n spesifieke boek te bekom. Soms neem ons ‘n skrywer (meestal Afrikaans), soms ‘n onderwerp, soms bring elkeen bloot ‘n boek wat sy geniet het. Sodoende word ons elkeen met elke kuier aan ‘n verskeidenheid boeke blootgestel. Natuurlik ruil ons dan ook baie boeke onder mekaar uit. Met Karel Schoeman het ek byvoorbeeld van sy ouer boeke gelees en van die ander die lywige nuwes en kon ons lekker vergelyk daartussen. Enigiemand wat lus is, bring gewoonlik ook meer inligting oor die skrywer saam, dikwels van Litnet af. Ons gesels bloot informeel en elkeen deel wat sy wil deel. Daar is dus geen spanning oor ‘n voorlegging nie, en elkeen is vry om soveel tyd aan voorbereiding te bestee soos sy kan. Kliek op die skakel vir ons program vir 2010:
https://altacloete.wordpress.com/stokperdjies/lees-lees-en-lees/n-anderste-leeskring/

 
3 Kommentaar

Posted by op 03/05/2010 in Uncategorized

 

Etikette: , , , ,

3 responses to “‘n Anderste leeskring

  1. anne-marie

    07/05/2010 at 17:38

    Waar is die leeskring, as ek nou nuuskierig mag wees?

     
    • Marile Cloete

      07/05/2010 at 19:10

      Ons is in die Wes-Kaap, Annemarie.
      O, hierdie blogding is my aan die vang …

       
  2. anne-marie

    07/05/2010 at 19:28

    Julle soek nie dalk nog een lid vir die leeskring nie?🙂

    Ek is in die Somerset-Wes omgewing. Jy kan my email as jy wil by kouevuur@gmail.com

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: