RSS

Hakkel – ‘n persoonlike ervaring

30 Apr

Ongeveer 1% van die menslike bevolking hakkel, maar tog is dit iets wat baie min aandag geniet.  Mense probeer hard om die bestaan daarvan te ontken, voor te gee of hulle nie agterkom nie, of dit nie saakmaak nie.  Hakkel is soos ‘n groot skande in ‘n goeie ou Afrikanerfamilie, i.e. iets waarvan almal weet, maar niemand durf waag om daaroor te praat nie.

Die ‘struggles’ wat ‘n normale spreker sien as hy met ‘n hakkelaar praat is maar net die puntjie van die ysberg.  Die vrees en vernedering en ander sielkundige komplikasies is alles binne, dieper binne die psige, waar dit met elke onaangename ervaring groter en leliker raak.  Hierdie monster hier binne vreet aan die selfvertroue, kweek gevoelens van onbekwaamheid, minderwaardigheid en selfverwyt, en veroorsaak op die ou end dat baie min hakkelaars hulle volle potensiaal bereik. En daar is baie potensiaal; studies het gewys dat ‘n random persoon uit die hakkelende bevolking gemiddeld 80% van die kere meer intelligent sal wees as ‘n random persoon uit die vlot sprekende gemeenskap.

Daar is egter ‘n manier om hierdie potensiaal te ontsluit… Kliek op die onderstaande skakel om meer hiervan te lees:
https://altacloete.wordpress.com/hou-op-hakkel/hakkel-n-persoonlike-ervaring/

 
2 Kommentaar

Posted by op 30/04/2010 in Hakkel, Hou op hakkel, Inspirasie

 

Etikette: , , , , , ,

2 responses to “Hakkel – ‘n persoonlike ervaring

  1. Arno Hattingh

    13/06/2010 at 02:16

    So bly om te lees dat daar nog ander soos ek is.

     
    • Marile Cloete

      13/06/2010 at 06:41

      Arno, daar is baaaie soos jy! Ek hoop en bid daar is vir jou ook lig in die tonnel soos die MacGuire Foundation vir my seun gebring het. As jy nie op hoogte is met hulle werk nie – kry dadelik die inligting!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: