RSS

Eerste liefdesroman van Alta Cloete

19 Apr

Dis vir my wonderlik om te kan se my eerste liefdesroman gaan (DV) in Junie by LAPA verskyn.
Die titel is GEUR VAN GENADE en dis die verhaal van ‘n vrou wat platgeslaan was, hoofsaaklik agv haar eie verkeerde keuses, maar verantwoordelikheid vir haar eie lewe geneem het en ‘n omkeer kon maak. Dit sal onder my eie naam verskyn om dit te onderskei van die Romanzas, wat onder Marile Cloete verskyn. Hierdie storie het omtrent 15 jaar lank gebroei en gegroei tot in sy huidige vorm en die verskyning daarvan is vir my ‘n hoogtepunt.
Die liefdesroman verskil van die romanse in die opsig dat dit nie deel uitmaak van die Romanza-reeks nie en dat dit langer is. Daar is dus meer ruimte vir karakters om te onwikkel en meer geleentheid om hul agtergrond en issues te leer ken. Daar kan ‘n sekondere storielyn wees of meer inligting oor die karakters se beroepe en die omgewing waar hulle hul bevind.
Maar dit bly steeds in die eerste plek ‘n liefdesverhaal.

Kliek gerus op https://altacloete.wordpress.com/skryfwerk/liefdesromans/geur-van-genade/ vir ‘n kort uittreksel.

 

Etikette: , , , , , ,

2 responses to “Eerste liefdesroman van Alta Cloete

  1. Chanette Paul

    10/05/2010 at 13:47

    ‘n Pragtige omslag vir ‘n heerlike boek. Ek hoop dis die eerste van vele enkeltitels en dat dit van die rakke sal afvlieg!

     
  2. Leana Welgemoed

    03/01/2012 at 14:08

    Ek is op die oomblik besig om GEUR VAN GENADE te lees en wat ‘n pragtige boek! Self woonagtig in die Karoo en met groot waardering vir die “klein” genadetjies van die lewe, geniet ek elke bladsy so dat ek skoon bang is om dit klaar te lees. Ek hou van verhale wat my laat ontspan en waar die liefde nog seëvier. Kan ons nog sulkes verwag?

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: