RSS

Ek is hier!

15 Apr

Alta Cloete (ook bekend onder die skrywersnaam Marile Cloete) is ‘n late bloomer wat op vyftig haar eintlike passie ontdek het. Haar lewe bestaan nou uit skryf en skryfverwante dinge en sy wil dit graag met ander skrywers en lesers deel.
Daar is egter nog twee belangstellings wat sy weens gebrek aan tyd (en energie!) nie voluit kan beoefen nie. Die eerste is life coaching (lewensafrigting) en die tweede is die aktiewe bevegting van depressie – met klem op die aktiewe!

 
2 Kommentaar

Posted by op 15/04/2010 in Uncategorized

 

Etikette: , , , , , , , , , , ,

2 responses to “Ek is hier!

  1. ekisanna

    09/05/2010 at 18:27

    Baie welkom op WordPress Alta… of verstaan ek nou weer verkeerd en is jy dalk al voorheen of lankal hier gewees. Dit lyk vir my asof dit een van die lekker-lees blogs gaan wees en ek sal gereeld besoek. Ek moet erken dat ek nog nie een van jou verhale gelees het nie, maar as jy op my blog gaan loer sal jy sien dat ek vir jare nie Afrikaans gelees het nie. Dit sal egter gou reggestel word, want nou het ek ‘n nuwe Afrikaanse skrywer vir wie se boeke ek my oe kan oe kan oophou.

     
    • Marile Cloete

      09/05/2010 at 20:30

      Nee, jy’s reg – ek’s nuut! Nog op die punt waar elke comment wat ek kry, my groot kicks gee … dus – dankie!

      Dis ‘n algemene ding dat Afrikaanse lesers vervreemd geraak het van Afrikaanse boeke en ek kan ure aangaan oor hoekom ek dink dit gebeur het. Maar baie is besig om terug te keer. Ekself het ook daar gaan draai. Ek vind groot plesier daarin om mense te probeer help om weer aan die gang te kom met Afrikaans. Mense sukkel omdat hul nie weet wat is beskikbaar nie – het net nodig om in die regte rigting gepoint te word.
      Het vinnig geloer op jou blog – dit lyk lekker. Ek is bevrees ek kyk dadelik na die blogger se spelling en taal, kan myself nie help nie. Dis regtig dikwels horrible. Maar jy slaag met vlieende vaandels!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: